Vertaling van "Web Style Sheets Homepage"
Oorspronklike dokument: http://www.w3.org/Style/
Vertaling: Annabel Koekemoer

Let asseblief op: die volgende blaaie bevat vertaalde inhoud vanaf die W3C CSS tuisblad. Die oorspronklike inhoud word beskerm deur kopiereg, lees asseblief die nota's bo-aan elke bladsy. Slegs die vertaler behou die kopiereg van die vertalings hier gevind. Sportwetten, Vergleich. Die vertaler kan nie waarborg dat die vertaling sonder foute is nie; die enigste dokument op datum is die oorspronklike Engelse dokument van die W3C. Die vertaler se kommentaar word gemerk op 'n spesiale manier en is nie deel van die oorspronklike dokument nie.

Web Style Sheets
Tuisblad

(Hierdie bladsy gebruik CSS style sheets)

Wat is nuut?

Wat is style sheets?

Persbrokkies

Konferensies

CSS

XSL

DSSSL

CSS-DOM & SAC

“Hopefully, future Web innovations will emulate the example set by the Web Consortium in its work on CSS”

— Jakob Nielsen

Wat is nuut?

Sien die “Wat is nuut?” afdelings van CSS en XSL.

Wat is style sheets?

Style sheets beskryf hoe dokumente weergegee word op die skerm, in gedrukte formaat en hoe dit uitgespreek word. W3C het die gebruik van style sheets op die Web aktief bevorder sedert die Konsortium gestig is in 1994. Die Style Activity het vele W3C Aanbevelings (CSS1, CSS2, XPath, XSLT) opgelewer. Veral CSS word gereeld gebruik in webblaaiers.

Deur style sheets by gestruktureerde dokumente op die Web te voeg (bv. HTML), kan skrywers en lesers die voorkoms van dokumente aanpas sonder om die toestel-onafhanklikheid te bëinvloed of deur nuwe HTML merkers by te voeg.

Die maklikste manier om te begin eksperimenteer met style sheets, is om 'n webblaaier wat CSS ondersteun te vind. Style sheets word bespreek op die www-style@w3.org eposlys en op comp.­infosystems.­www.­authoring.­stylesheets.

Die W3C Style Activity ontwikkel ook 'n XSL, wat 'n kombinasie van XSLT en “Formatting Objects” (XSL-FO) bevat.

Waarom twee Style Sheet tale?

Wonder watter een om te kies? Lees "CSS & XSL"

Die feit dat W3C XSL en CSS ontwikkel het, het effense verwarring veroorsaak. Waarom 'n tweede style sheet taal ontwikkel as die implementeerders nog nie die eerste een voltooi het nie? Die tabel hieronder sal die antwoord verskaf:

CSS XSL
Kan gebruik word met HTML? Ja Nee
Kan gebruik word met XML? Ja Ja
Transformeringstaal? Nee Ja
Sintaksis CSS XML

Die unieke kenmerke is dat CSS gebruik kan word om HTML & XML dokumente te verander. Aan die anderkant kan XSL gebruik word om dokumente te transformeer. Byvoorbeeld, XSL kan gebruik work om XML data te omskep in HTML/CSS dokumente op die bediener. Sodoende vul die twee tale mekaar aan en kan dit saam gebruik word.

Beide tale kan gebruik word om XML dokumente te styl.

CSS en XSL gebruik dieselfde onderliggende formateringsmodel en ontwerpers het dus toegang tot dieselfde formateringseienskappe in beide tale. W3C sal hard werk om te verseker dat die formateringsmodel deur beide implementasies gebruik kan word.

'n W3C Nota rakende "Gelyktydige gebruik van XSL en CSS" is beskikbaar.

Persbrokkies

As u nuut is tot die onderwerp, kan u begin deur die volgende persbrokkies rakende style sheets te lees:

Sien die CSS en XSL blaaie vir meer (en meer onlangse) artikels.

CSS

Inligting oor die knoppies onderaan hierdie bladsy is beskikbaar op die knoppies blad en die CSS validator.

Cascading Style Sheets (CSS) is 'n style sheet meganisme wat spesifiek ontwerp is om te voldoen in die behoeftes van Webontwerpers en gebruikers.

XSL

W3C het 'n Werkgroep om die eXtensible Style Language (XSL) te ontwikkel. XSL bou op DSSSL en CSS en is meestal gerig op hoogs-gestruktureerde XML data wat, byvoorbeeld, element sortering benodig voor voorlegging. Vir meer inligting oor XSL, sien die W3C XSL hulpbronne bladsy.

DSSSL

DSSSL is 'n dokument boom transformasie en styl taal met vele skakels in die SGML gemeenskap. DSSSL bronne op die Web:

CSS-DOM & SAC

'n CSS lêer kan geskep en verander word "per hand", byvoorbeeld met 'n teksredigeerder, maar jy kan ook 'n program skryf in ECMAscript, Java of 'n ander taal, wat die style sheet manipuleer. Hierdie feit is eintlik so algemeen, sagteware-biblioteke met bruikbare funksies is beskikbaar. Om te help om so 'n program en biblioteke te porteer na verskillende rekenaarplatforms, het W3C 'n spesifikasie genaamd CSS-DOM ontwerp wat 'n stel funksies wat al hierdie biblioteke moet verskaf, definieër.

Die CSS Document Object Model is 'n API (Abstract Programming Interface) om CSS (en tot 'n sekere mate ook ander styl tale) binne 'n program te manipuleer. 'n API is die spesifikasie van 'n sagteware-biblioteek. Jy kan dit sien as 'n handleiding: Dit beskryf die funksies en hul parameters, maar dit bevat nie die kode nie.

Daar is verskeie CSS-DOM biblioteke beskikbaar, vir verskillende platforms. Baie van hulle is gratis. Baie webblaaiers het ingeboude CSS-DOM biblioteke, vir gebruik deur ECMAScript programme.

SAC (Simple API vir CSS) komplimenteer die CSS-DOM. Die CSS-DOM bevat funksies om die style sheet te manipuleer nadat dit in die geheue gelaai is; die funksies gedefinieër deur SAC help om die style sheet te ontleed, met ander woorde, verplaas die style sheet vanaf 'n lêer na die geheue.

Die CSS-DOM is 'n W3C Aanbeveling. SAC is 'n ontwikkelende projek. Sommige sagteware (buiten webblaaiers) word genoem in die CSS oorsig blad.

Konferensies, werkswinkels, navorsing

Die W3C span en verteenwoordigers van W3C lede bied dikwels aanbiedings aan.

Dynamic HTML

Dynamic HTML is 'n term wat gebruik word om HTML blaaie met dinamiese inhoud te beskryf. CSS is een van drie komponente in dynamic HTML; die ander twee is HTML self en JavaScript (wat gestandardiseer is onder die naam EcmaScript). The drie komponente skakel inmekaar met DOM, die Document Object Model.

Verwante bronne

CSS Valid
CSS!

Bert Bos, W3C Style Activity Lead
Webmeester
Laas opdateer: $Date: 2010/07/15 15:35:29 $ GMT

Copyright  © 1997-2008 W3C (MIT, ERCIM, Keio)